'n Mens verlang soms na 'n plek wat naby is, asof dit baie, baie ver is.
Vir my is so 'n plek Heroldsbaai.
Ons huis, Droomves, regbo die Rooidraai, ge-eienaarbou deur die Lochner-gesin, behoort nie meer aan die Lochners nie. Maar, elke trappie eggo nog ons sewe se voetstappe. Elke deurkosyn hang nog die deure wat stormwind moes buitehou.
En die metersdiep rooisteenonderbou vestig steeds 'n deeglike fondasie.
"Grawe tot op klip!" het Johann die handlangers opdrag gegee. "Daar is meer steen ondergronds as bogronds!" het Johann altyd gespot.
Droomves staan nog stewig, hemelhoog, en nog stewiger in ons harte, waar ons die Droom vestig.
En deur die ruim swewe stilswygende seemeeue nog steeds witspikkel teen blou. En die son skilder steeds karmosyn teen skemertyd.
Een van ons sewe is reeds Tuis.
Hy het altyd een versugting gehad: om helder in die hemelkoor te sing.
Ek glo sy versugting is verhoor.