Ons kuier Internasionaal - 2013
Kuns, Kos & Kuier
Hieronder is daar verskeie foto's van nasionale en internasionaal vriende, almal skrywers en kunstenaars, wat KREATIV SA deur die jare besoek het.
Gedurende 1997 het ek met my gemeenskapsopheffingswerk in George besef dat daar 'n wonderlike geleentheid is om gaskunstenaars en besighede aan te spoor om mekaar te ondersteun, tot voordeel van almal betrokke, ook die gemeenkap as geheel. Die Kuns, Kos & Kuier-konsep het toe spontaan ontstaan. Digters en sangers het saamgekom by Kunstefeeste, en in stadsale, biblioteke, restaurante, kerksale, besigheidsentrums, en in privaathuise oor die hele Suid-Kaapstreek en hierdie konsep is na al die jare nog steeds baie gewild!

Ek kuier heerlik saam met die KLEIN-KAROO-SKRYWERSKRING te OUDTSHOORN met die bekendstellingsfees van hul eerste KREATIV SA-publikasie, "Laterns langs die Pad", geborg deur CORDIS TRUST.
Marie Bredenkamp se PUUR PLESIER-FOSFOR-aand! FOSFOR AAN JOU VOETE, geborg deur CORDIS TRUST bekendgestel in Julie 2013 ... Sanne-Marie van den Berg, ek en Bobette Bruwer op 'n ysig-snoesige kuieraand in Eden, George. Saam met die Suidkaap-Kinderkoor olv Jan-Erik Swart en Lisa Hänggli (Lorenz) van Zürich Opera, Switserland.
AAN DIE HEEL BEGIN ... |
DIE STORIE AGTER DIE STORIE ... |
KKNK en KREATIV SA
Aanvanklik het KREATIV SA onder die benaming TAALKREATIEF AFRIKAANS, gestig deur my en Helena Liebenberg - tans van Sentrum v Besigheids- en Taaldienste, KAAPSTAD en TAALOORD http://www.taaloord.co.za - nou saamgewerk met Vriende van Afrikaans en projekte geloods om hul ledetal te laat groei. By die KKNK is lede gewerf en ook Afrikaans bevorder, deur die baie gewilde SLAGSINKOMPETISIES wat jaarliks vir die stalletjies gehou is. Hierdie projek het entrepreneurs gehelp om hul eie identiteit te omlyn met 'n slagspreuk. Dit het soos 'n veldbrand deur die hele Edengebied versprei en besighede en skole in al die omliggende dorpe, sover vanaf Swellendam in die weste tot by Plettenbergbaai in die ooste en die dorpe in die Klein-Karoo, soos Calitzdorp, Oudtshoorn en De Rust is betrek. Die oorhandigingsaande op Mosselbaai, Oudtshoorn, Knysna en George was almal in die tipiese KUNS, KOS & KUIER-idioom ... Tewens, elke enkele KREATIV SA-aangeleentheid - boekbekendstelling, uitstalling, oorhandigingsaand of slypskool -- is een groot glanskuier!
Hieronder staan ek by 'n dame uit Nigerië, en haar vennoot, wat ook deel van die slagsinkompetisie -- in AFRIKAANS! -- was.
Hieronder staan ek by 'n dame uit Nigerië, en haar vennoot, wat ook deel van die slagsinkompetisie -- in AFRIKAANS! -- was.
Die Evalusie-projek
Ek is uiters bewus van my vroulikheid en geniet elke oomblik van ouerword! EVALUSIE is 'n reeks gedigte en foto's wat vrouwees gedenk en wat saamgestel is met die hulp van 'n fotograaf van George, Heidi Jansen, 'n modelskool, Maxine's, 'n parfumier en 'n groep uitvoerende kunstenaars en digters.
Die Evalusiereeks is op verskeie plekke uitgestal, o.a. by die KKNK op Oudtshoorn.
Foto: Myra Lochner, Woordfees 2013 STELLENBOSCH.
Die foto's hieronder is deur Heidi geneem tydens 'n daglange KREATIV SA-slypskool te Jubilee Creek, in die woude naby KNYSNA.