INTERNASIONALE PROJEKTE van TAALKREATIEF SA/KREATIV SA: Reis/Journey; Droomboek van Drome/Dream book of Dreams; Taal van Liefde/Language of Love.
Bo: André Kotzé, bekroonde draaiboekskrywer en digter, was een van die medewerkers tydens die beginjare van Taalkreatief Afrikaans/KREATIV SA. Hier is hy tydens die bekendstel van TAAL VAN LIEFDE/LANGUAGE OF LOVE in STRUISBAAI. Helena Liebenberg, wat medestigter van Taalkreatief Afri-7 kaans was, het ook in die beginjare 'n aktiewe rol gespeel in publikasies en ander projekte, maar sy het na 'n aanstelling by die Kaapse Argief onttrek.
|
Onder: Drie van die skoolleerders wat deel was van die Wes-Kaap se Streeksdigkompetisie/VIGS - 'n departementele bewus-makingsinisiatief, Die wenners is op 29 November 2013 in George aangekondig. Myra Lochner, KREATIV SA, was die hoofbeoordelaar van die streekskompetisie.
Publikasies wat tematies uiteenval, word van tyd tot tyd saam-gestel om skrywers aan te moedig om hul skryftalent te ont-wikkel. KSA-digkompetisies vind in KSA-skryfforums plaas. |
Beoordelaarsverslag: Wes-Kaap Dept van Gesondheid: VIGS-digkompetisie
KREATIV SA-slypskole word kwartaalliks in GEORGE aangebied, rondom spesifieke temas. KREATIV SA reis op aanvraag, om die ervaring na jou skool, besigheid, teater, tuisdorp of stad te bring.
Slypskole word aangebied rondom die behoefte van die spesifieke groep, wisselend van skeppende skryfkuns, tot meta-terapie vir depressielyers of skrywers wat worstel met skrywersblok. Slypskole in skole bring dikwels die leerder in kontak met sy of haar volle potensiaal en resulteer in 'n groei in akademiese prestasie, nie net taalkundig nie, maar ook in alle vakke en op alle vlakke van menswees.
Slypskole om onderwysers en lektore te stimuleer en te begeester is ook beskikbaar in modules van voorkeur.
Slypskole is die beste terapie denkbaar en diegene wat dit bywoon, ontvang sertifikate wat sodanige kursusganger bemagtig om dieselfde modules aan te bied, wanneer hulle verkies om die modules aan te koop en onder leiding van KREATIV SA administreer.
Die produk van die slypskole resulteer in KREATIV SA-publikasies, wat werkskeppend is en alle betrokkenes bemagtig.
Aanbieder: Myra Lochner
KREATIV SA
Gee en Groei; Groei en Gee Give and Grow; Grow and Give
ONTWERP EIESOORTIGE KAARTJIES: VISUELE WOORDKUNS
DESIGN PERSONALIZED CARDS: VISUAL WORD ART
E-pos/mail: [email protected]
Huis/Home: 044 871 0122
Sel/Mobile: +27 82 378 5262
Ek (middel) saam met die Kanadese KREATIV SA-skrywer, Margaret Gibson, wat haar debuutdigbundel,
"complete - 101 sonnets", aan die kleinste Biblioteek in SA: in Somerset-Wes, oorhandig (2009).
"complete - 101 sonnets", aan die kleinste Biblioteek in SA: in Somerset-Wes, oorhandig (2009).
Ek (tweede van links) en Margaret Gibson (derde van regs) oorhandig haar debuutdigbundel, "complete" - 101 sonnets, aan die Leeskring van Struisbaai (2009).
Ek en Margaret Gibson "oor grense heen" ... net voor die voorlees van haar gedigte in die NG Kerk op Struisbaai tydens die Pase (2009).
Ek saam met 'n groepie meisies tydens die KREATIV SA-slypskool by die BLOEMHOF-Meisieskool op Stellenbosch (2008).
HEROLDSBAAI ... my Hartland
Die getypoel op Heroldsbaai, waar ek ure alleen op my rug gedryf het wanneer die strand leeggeloop het en die hele oseaan aan my behoort het.