Welkom by die webtuiste van KREATIV SA
Welcome at the website of KREATIV SA
Gee & Groei, Groei & Gee * Give & Grow, Grow & Give
Welcome at the website of KREATIV SA
Gee & Groei, Groei & Gee * Give & Grow, Grow & Give
Boekbekendstelling by De Huiz Doxa, Grootbrakrivier
Ek skryf, omdat ek vry is.
I write, because I am free.
Myra Lochner
PRODUKTIWITEITDie afgelope dekade het KREATIV SA
*verskeie internasionale en nasionale geskrifte ge-publiseer (meer as 200 ISBN-titels), rondom taalprodukte wat gedurende slypskole of proaktiewe projekte gegenereer is, of deur individuele skrywers, op versoek, of in saamstelbundels van skryfgroepe; *verskeie gemeenskapsprojekte geloods om ondernemings te bevorder en te bemark deur middel van kunste-aanbiedings en die bevordering van die Afrikaanse slagsin, wat die aard en werksaamhede van besighede omskryf; *verskeie pryse, sertifikate en wisseltrofeë toegeken, op nasionale en internasional vlak, deur kompetisies te loods in skole, universiteite en op die internet; *toerisme bevorder saam met die Weskaapse Toerisme Raad en Fuji Films; * individuele plaaslike kunstenaars ontdek en bevorder; *die eerste, unieke Besigheidsteater aangebied, waar werk-nemers van Foschini en MiLady's hul modes in die teater kon vertoon saam met seisoengedigte en klassieke musiek; *die eerste Interteater ooit aangebied, waar skole van die Suidkaap binne 'n eendag-Kreativ-slypskool uitvoerende en skone kuns geïntegreer het, deur die skryf van 'n nuwe verhoogstuk/opvoering, die ontwerp en maak van gepaste dekor en kostuums, die komposisie, saamstel en verfyning van klank-baan/ begeleidingsmusiek, die repetisie van die voltooide stukke en ten slotte, die opvoer EN beoordeel daarvan, ten einde 'n wisseltrofee vir die beste produksie aan die einde van dieselfde aand, na die opvoering te ontvang - alles binne een dag! *projektebeplanning saam met kettingwinkels om die streek se ekonomie te stimuleer; *talle individue en medewerkers se skryftalent bevorder in óf eie debute, óf saamstelbundels van KREATIV SA; *CORDIS TRUST PUBLIKASIES bygestaan in die voorberei van individuele debute, saamstelbundels en wenpublikasies. |
HUIDIGE PROJEKTE*uitgewersinisiatief -- bevorder selfpublikasie en doen in opdrag/op versoek taalsorg vir individue en organisasies
*meta-terapeut -- spirituele berading tydens skryfsessies en diens van barmhartigheid volgens Bybelse riglyne *fasiliteerder saam met professionele medewerkers met skeppende denke as spesifieke oogmerk. Myra het vir ses jaar saam met prof. Frans Bezuidenhout, Groepsdinamika, by die Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU), te Port Elizabeth gewerk met hierdie oogmerke, ten einde nagraadse studente vanoor die wêreld te begelei tot abstrakte denke. Sodoende is hul volle potensiaal ontgin, sodat hulle werklik 'n onafhanklike en skeppende bydrae kon maak op hul eie vak-gebied; 'n impak deur doelgerigte en proaktiewe denke, nie net in hul eie land nie, maar ook globaal. Verskeie publikasies het die lig gesien, waarin die werk van die studente opgeneem is *onafhanklike projekbestuurder/-fasiliteerder binne ge-selekteerde sakeondernemings *skoleprojekaanbieder met fokuspunt hersosialisering, dissipline en selfdissipline *internet-medewerker saam met dr. Jacques du Plessis, University of Wisconsin (UWM), Milwaukee, WI -- meertalige onderrig in Afrikaans *medewerker en fasiliteerder saam met dr. Fanie Marais, vir CORDIS TRUST, Pretoria, met oogmerk deernis-projekte en die bevordering van en bemagtiging deur Afrikaans, ook die bewusmaking van Afrikaans wêreldwyd *aanbieder en eienaar van en medewerker op verskeie fb-skryfforums *kunstenaar en kaartjieontwerper onder kopiereg MyrArt -- geleentheidskaartjie-ontwerp met spirituele gedigte in Afrikaans en Engels *internetskrywer met meer as 3,000 gedigte, gepubliseer op verskeie webtuistes. oa Allpoetry.com |
KREATIV SA-BOEKBEKENDSTELLINGS
ENKELE KREATIV SA-PUBLIKASIES 2001 - 2023
KREATIV SA-SAAMSTELBUNDELS deur MYRA LOCHNER
KSA-SKRYFFORUM-PUBLIKASIES
KREATIV SA DIG-KOMPETISIES EN GEVOLGLIKE PUBLIKASIES
Annalie Calitz se boekbekenstelling in George, Suid-Afrika (Hoë hawe in vlakte, KSA 2018).
Mikrofone het ore!
Herman Lochner, André Boezak en Poem Mooney op die lug.
KREATIV SA BOEKBEKENDSTELLING:
staanmaakhuis deur andré boezak
VRK, OUDTSHOORN, 13 Maart 2018
|
Weerkaatsing
Deur dieper te kyk, sien ons raakpunte
in die hart waarvoor ons vroeër blind was.
Anders bly ons lewens vlak
en steeds apart:
blote refleksies in glas.
Myra Lochner
Myra Lochner KREATIV SA Posbus 4404 GEORGE-OOS 6539
Kontaknommers:
Sel: 082 378 5262
Huis: 044 871 0122
[email protected]
Foto: Myra Lochner, Meadestraat, George
in die hart waarvoor ons vroeër blind was.
Anders bly ons lewens vlak
en steeds apart:
blote refleksies in glas.
Myra Lochner
Myra Lochner KREATIV SA Posbus 4404 GEORGE-OOS 6539
Kontaknommers:
Sel: 082 378 5262
Huis: 044 871 0122
[email protected]
Foto: Myra Lochner, Meadestraat, George